Rabie-egpaar se saak wag nou tot Mei

Deur Ilze-Mari Gründling
DIE egpaar wat daarvan aangekla word dat hulle na bewering tussen 2006 en 2008 tenders van miljoene rande van die Wes-Kaapse Departement Landbou op onwettige wyse verkry het, se saak is verlede Donderdag in die Oudtshoorn Landdroshof tot 30 Mei vanjaar uitgestel.

Johanna en Martinus Rabie het glo tenders vir ontwikkelingsprojekte op Matjiesrivier, Zoar, Ladismith en Prins Albert verkry.
Die paartjie staan tereg op 68 klagtes van bedrog en sal voor landdros Daniel Boks verskyn.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?