R27 miljoen-tiksaak van voor af verhoor

11 Landdroskantoor

Deur Garnett Wicomb
DIE saak teen twee mans van onderskeidelik Mosambiek en Nigerië wat twee jaar gelede op die N1-roete
buite Beaufort-Wes met tik ter waarde van meer as R27 miljoen in hul motor in hegtenis geneem is, is in die Oudtshoorn streekhof tot 2018 uitgestel wanneer dit as ’n nuwe saak begin sal word. Die staatsaanklaer, Hyron Goul-ding, het die hof verlede week meegedeel dat ’n nuwe klagstaat ná die dood van landdros Mark van Wyngaardt opgestel is.

Benjamin Amalukwe en Nelson Matavele is in November 2015 met 77,5 kg methaphetamine (tik) wat in
die deure van hul voertuig versteek was, betrap en is in hegtenis geneem.

Hulle word aangekla van handeldryf in dwelms, alternatiewelik die onwettige besit of gebruik van
dwelms. Streeklanddros LA Wilkens het die saak tot 28 Januarie 2018 uitgestel.

Die twee mans bly in aanhouding.

Log in with your credentials

Forgot your details?