Nigeriese man se appèl misluk

Deur Garnett Wicomb
DIE saak teen ’n Nigeriese burger wat tereg staan op klagtes van handeldryf in en besit van dwelms ter waarde van sowat R3,6 miljoen, is in die Oudts­hoorn Streekhof vir die finalisering van die ondersoek uitgestel nadat sy appèl teen die weiering van borgtog onsuksesvol was.

Landdros Lorraine Samuels het verlede jaar borgtog aan die verdagte, Samuel Orama, geweier omdat sy van mening was dat dit nie in belang van geregtigheid is nie. Daar word gevrees dat Orama moontlik kan vlug. Volgens die ondersoekbeampte, ao Jacobus Groenewald, het die beskuldigde probeer weg­hardloop toe die dwelms in ’n rooi sak wat aan hom behoort, gevind is.
Die staatsaanklaer, Willem Vister, het versoek dat die saak verder uitgestel word.

Log in with your credentials

Forgot your details?