‘Dr Eve’ komende Dinsdag weer voor

Deur Ilze-Mari Gründling
DIE saak teen ’n Ugandiese kruiedokter wat daarvan aangekla word dat sy ’n vrou van Oudtshoorn uit R40 000 bedrieg het, is tot Dinsdag (17 Oktober) uitgestel vir verdere ondersoek.

Justine Nambuya (27), ook bekend as “Dr Eve”, was uit op borgtog van R3 000 toe ’n tweede persoon ook ’n klag teen haar ingedien het. In die tweede geval het Nambuya na bewering beloof om R27 000 na R1 miljoen te vermeerder. Na bewe­ring is ’n derde klag ook teen haar gemaak.

Adv Wynard Malan sal haar met haar volgende verskyning verteenwoordig.

Nambuya se verblyfpermit in Suid-Afrika is tot November geldig.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?