Dr Eve eersdaags weer in hof

Deur Ilze-Mari Gründling
’N UGANDESE kruiedokter wat aangekla word dat sy drie vroue van Oudtshoorn bedrieg het, verskyn weer op 23 April in die hof.

Drie klagtes teen Justine Nambuya (27), ook bekend as Dr Eve, word ondersoek. Ingevolge die eerste klagte het Nambuya na bewering ’n vrou vanuit R40 000 bedrieg, en ingevolge die tweede klagte het sy na bewering beloof om R27 000 na R1 miljoen te vermeerder. Volgens kapt Louis Visser van die Oudtshoorn Polisie, het Nambuya in die derde saak ook belowe om geld te vermeerder.

Log in with your credentials

Forgot your details?