Campher-saak begin Woensdag

Landdroshof-Oudtshoorn-300x214
Slagoffer nog in rolstoel

Deur Garnett Wicomb
DIE saak teen Enver Campher wat na bewering die ma van sy kind vir twee dae toegesluit, gemartel en ernstig aangerand het, is verlede Donderdag in die Oudtshoorn Landdroshof vir verhoor na die streekhof oorgeplaas.

Campher, wat van poging tot moord aangekla word, het na bewering die 31-jarige Natasha Mei in die huis van sy suster in Bongolethu aangehou en ernstig aangerand. Gemeenskapslede het die huis se deur oopgetrap en Mei bebloed en nakend op ’n bed aangetref. Sy was lank in die hospitaal en moes ’n operasie aan haar kakebeen ondergaan.

Volgens ’n familielid, Siena Blaauw, sterk sy tans tuis aan. “Sy is in ’n rolstoel maar maak goeie vordering,” het Blaauw verlede week gesê.

Landdros Lorraine Samuels het die saak vir Campher se eerste streekhofverskyning tot volgende Woensdag (22 November) uitgestel.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?