Busbesturder in hegtenis vir dronkbestuur

Deur Ilze-Mari Gründling
DIE Oudtshoorn Polisie ondersoek ’n saak van dronkbestuur teen die bestuurder van ’n bus vol toe­riste wat die Klein Karoo besoek het.

Volgens kapt Louis Visser, woordvoerder van die Oudtshoorn Polisie, het verkeersbeamptes die bus verlede Vrydagoggend (6 Oktober) omstreeks 10:00 op die pad tussen De Rust en Oudtshoorn opgemerk. Dit het voorgekom of die bus meganiese probleme ondervind het.

Visser sê die busbestuurder is gevra om die bus na die toetsterrein van die Verkeersdepartement op Oudtshoorn te neem. Daar het verkeersbeamptes besef dat die busbestuurder onder die invloed was. Hy is in hegtenis geneem en na die Oudtshoorn Hospitaal geneem vir die trek van ’n bloedmonster.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?