Borgaansoek in R3,6miljoen se tiksaak môre voor

Deur Ilze-Mari Gündling
’N NIGERIESE man wat met R3,6 miljoen se tik op die George-pad net buite Oudtshoorn betrap is, se borgaansoek word môre, 11 Augustus, in die Oudtshoorn Landdroshof aangehoor.

’n Motor waarin Samuel Orama ’n passasier was, is op 8 Mei vanjaar deur die polisie voorgekeer en deursoek. Die dwelms is in ’n rooi sak, wat aan Orama behoort, gevind.

Die staatsaanklaer Vandana Premchand het by sy vorige verskyning versoek dat Orama se borgaansoek weer uitgestel word.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?