Bestialiteitsaak van hofrol verwyder

Deur Garnett Wicomb
DIE saak teen ’n man van Smartie Town op Oudts­­­hoorn wat van bestialiteit aangekla is, is in die Oudtshoorn Landdroshof van die hofrol verwyder nadat die staat die klagte teen hom teruggetrek het.

Die 65-jarige Lewies Gelant is op Donderdag 8 Desember 2016 deur sy buurman betrap terwyl hy glo besig was om ’n obsene daad met ’n hond te pleeg.

Die hond is na die insident met die hulp van ’n dierewelsynorganisasie deur die Oudtshoorn Diereskut van die perseel verwyder.

Die hond is hierna deur ’n veearts ondersoek en later weer aan haar eienaar terugbesorg.

Die saak is verskeie kere vir verdere ondersoek uitgestel en uiteindelik van die hofrol verwyder weens onvoldoende bewyse.

Log in with your credentials

Forgot your details?