Aanrandingsaak teen Thysse weer uitgestel

Deur Garnett Wicomb
DIE saak teen Willie Thysse (46) wat tereg staan op twee aanklagte van aanranding gewoon, is weer verlede voorverlede Woensdag in die Oudts­hoorn Landroshof uitgestel.

Thysse word daarvan aangekla dat hy vir ene K Henkelman met die vuis geslaan het en vir ene B Zeelie, vasgegryp, met die vuis gestamp en sy vinger in die oog gedruk het.

Die saak dien voor landdros Roelf Konstabel wat Thysse met sy eerste verskyning gewaarsku het om nie, direk of indirek, kontak te maak met die twee klaers nie, en ook nie by die woning in Hoogstraat, waar die beweerde voorvalle glo plaasgevind het, te kom nie.

Thysse is op waarskuwing vrygelaat en die saak is vir verdere ondersoek tot gister uitgestel.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?