Roline Nel van Boplaas oorlede

Roline Nel (95).                             Foto verskaf

Roline Nel (95). Foto verskaf

Deur Liesel le Roux
’N BEKENDE inwoner van Calitzdorp, Roline Nel (95) van die wynplaas Boplaas, is Maandag oorlede.
Nel het langer as 65 jaar op Calitzdorp gewoon. Sy was baie betrokke by die gemeenskap en het meer as 30 jaar lank in die ACVV-bestuur gedien.

Nel was ook baie betrokke by Boplaas en het ’n groot rol gespeel in die sukses van Boplaas se droëvrugte- en wynbedryf.
Boplaas se Stoepsit Sauvignon Blanc is na haar vernoem omdat sy gereeld en tot onlangs nog op haar stoep saam met vriende gekuier en ’n glasie wyn gedrink het.

Sy laat ’n seun, Carel, en drie kleinkinders Rozanne, Margaux en Daniel agter.

’n Roudiens vir Nel word Saterdag 09:30 in die NG Kerk Calitzdorp gehou.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?