Oudtshoorn UCC se 180ste feesvieringe ’n reuse sukses!

Eerw Johannes Muggels (regs) verwelkom eerw Leon Klate (Pniel UCC) wat die diens behartig het.

Eerw Johannes Muggels (regs) verwelkom eerw Leon Klate (Pniel UCC) wat die diens behartig het.

Oudtshoorn UCC se orrel-sus­ters, Ilca Ewerts (links) en Sue-Lanya Ewerts, wat die diens begelei het.

Oudtshoorn UCC se orrel-sus­ters, Ilca Ewerts (links) en Sue-Lanya Ewerts, wat die diens begelei het.

Deur Wyndham Ewerts
Die Oudtshoorn United Congregatio­nal-kerk het die afgelope naweek sy 180ste verjaarsdag met groot sukses gevier. Hierdie allemintige prestasie het reeds verlede jaar al afgeskop met verskeie funksies soos die veelbespro­ke Kultuuraand en 5 km-pretloop wat ook ten bate van die kerk se verjaarsdag gehou was.

Volgens Henry Booysen (fees­koör­dineerder) kan die algehele sukses van die feesvieringe toegeskryf word aan maandelange sorgvuldige beplanning en die toegewydheid van die reëlings­komitee.

“Dit is nie aldag dat ’n kerk 180 jaar oud word nie, en daarom het ons besluit om hierdie jaar ons kerk se verjaarsdag ekstra spesiaal te maak.

“Dit was voorwaar ’n groot voorreg om deel te kon wees van die vele verrigtinge en daarom verdien alle betrokke rolspelers ’n pluimpie. Alle eer en glorie aan ons Hemelse Vader vir n geseënde naweek.”

Die feesprogram het verlede Maan­dag begin met ’n voorbiddingsessie by die kerk wat gehou is om die verrigtinge vir die week amptelik te open.

Woensdagaand het gemeentelede heerlik saam gekuier met onder andere humoristiese staaltjies wat gedeel is tesame met verskeie sosiale aktiwiteite waaraan almal kon deelneem.

Heerlike etes soos potjiekos, kerrie­vis en “brawn” is Vrydagaand te koop aangebied met die basaar en traditionele feesontbyt wat die Saterdag­oggend plaas gevind het.

“Dit was ’n riem onder die hart om soveel mense van ander kerkgemeentes by ons basaar te kon ontvang,” sê Booysen. “Almal was dit eens dat hulle die feestelike atmosfeer verskriklik baie geniet het en veral die kleintjies kon nie genoeg kry van die springkasteel nie.”

Vanjaar se ere-fees en konferensiediens is deur besoekende eerw Leon Klate van Pniel United Congregational Church gelei.

“Toe Oudtshoorn UCC my geskakel het om die diens te lei was ek aanvanklik baie huiwerig om in te stem omdat ek nie heeltemal seker was of ek die regte persoon vir die taak was nie,” sê Klate. “Eers na konsultasie met my eie kerk se raadslede en raadpleging met God het ek tot die oortuiging gekom dat ek wel geroep was om hierdie diens te lei. Dit was voorwaar ’n groot eer vir my en my familie om te kon deel hê aan die feesvieringe van ’n kerk met so ’n ryke geskiedenis en tradisie.”

Klate het ook die boomplantseremonie behartig waartydens ’n boom deur die kerk se twee oudste gemeentelede, Petrus

Manewil en Katriena Titus, geplant is.
• Oudtshoorn UCC wil graag die brëe gemeenskap bedank vir hul ongelooflike ondersteuning en hoop om hulle volgende jaar weer met ope arms te ontvang.

Die gemeente se twee oudste lidmate, Petrus Manewil en Katrien Titus, plant saam ’n boom in die tuin van die kerk ter viering van Oudtshoorn United Congregational Church se 180ste bestaansjaar.

Die gemeente se twee oudste lidmate, Petrus Manewil en Katrien Titus, plant saam ’n boom in die tuin van die kerk ter viering van Oudtshoorn United Congregational Church se 180ste bestaansjaar.

Die gekombineerde kore van Oudtshoorn UCC, Toekomsrus UCC, Bongulethu UCC, Bridgton UCC, St Simon’s Anglican Church en Weyers Memorial UCC het onder leiding van koorleier Aubrey van Wyngaardt tydens die feesdiens opgetree.

Oudtshoorn UCC Juniorkoor het bekoor onder leiding van Shirleen le Roux.

Oudtshoorn UCC Juniorkoor het bekoor onder leiding van Shirleen le Roux.

Daar is fees gevier…

Smullekker ontbyt

Smullekker ontbyt

Kindervermaak

Kindervermaak

’n Lekker potjie dominoes

’n Lekker potjie dominoes

Ietsie op die kole

Ietsie op die kole

Ietsie op die kole

Aandenkings

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?