Meer as 200 Wicombs verwag by 11de familiesaamtrek

Van die meer as 200 Wicombs wat die 2016-familiesaamtrek bygewoon het. Foto: Garnett Wicomb

Van die meer as 200 Wicombs wat die 2016-familiesaamtrek bygewoon het. Foto: Garnett Wicomb


Deur Garnett Wicomb
Meer as 200 Wicomb-familielede sal die 11de saamtrek van die familie oor die naweek van 27 tot 30 April by die Calitzdorp Spa bywoon. Al 41 wooneenhede is bespreek asook ‘n paar karavaanstaanplekke.

Die eerste saamtrek van die familie is 24 jaar gelede in 1992 in De Hoek buite Oudtshoorn gehou. Hulle is almal die afstammelinge en ingetroude familie van die agt kinders van Robert Wicomb (1818- 1908) en Isabella (nee Le Roux 1818 – 1908) van Matjiesrivier, naamlik Robert, Daniel, Frederick, Simon, Moses, Jeanetta, Abraham en Alida.

Die saamtrek begin Vrydagoggend 27 April en word afgesluit met die tradisionele dankseggingsdiens die Sondag.

Die oudste lewende Wicomb is die 97-jarige Adam “Ampie” Wicomb van Oudtshoorn.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?