Kraai waarsku inwoners teen slang in boom!

Die boomslang wat Mornay Thysse, slangvanger en brandweerman van Oudtshoorn, Sondag by Milenniumpark uit ’n boom gehaal het. Foto verskaf

Die boomslang wat Mornay Thysse, slangvanger en brandweerman van Oudtshoorn, Sondag by Milenniumpark uit ’n boom gehaal het. Foto verskaf

Deur Liesel le Roux
’N BOOMSLANG se teenwoordigheid Sondagoggend by ’n aftreeoord op Oudtshoorn, is deur ’n
mak kraai wat gereeld by die oord ’n eetdingetjie kom soek, verklik!

’n Inwoner van Millenniumpark wat gevra het om anoniem te bly, sê Henry, soos inwoners die
mak kraai gedoop het, het Sondag verskriklik begin lawaai, met al die ander voëls wat saam
begin kwetter het.

“Die kraai en die voëls het almal stip na ’n boom gekyk en toe sien ons die slang daar,” vertel die inwoner.

Oudtshoorn se slangvanger, Mornay Thysse, is ontbied en het die boomslang van sowat 1,2 meter
verwyder.

Volgens Thysse was dit nie die enigste boomslang wat hy die dag verwyder het nie.
Die middag is hy weer uitgeroep om ’n boomslang te verwyder in Klapperbosrant, ’n sekuriteits oord in Wesbank. Dié boomslang was egter ietwat kleiner, sê Thysse.

• Vir die verwydering van slange op Oudtshoorn, bel 044 203 7800/01.

Hou die slang dop tot die slangvanger kom en neem indien moontlik ’n foto.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?