Hier is Little Angels

Die Little Angels-lede van links is Anneline Smit, Hester Grint, Tersia du Randt, Hein Coetzee, Bridgette Solomons, Liezl van Niekerk en Noluthando Mwati.                                     Foto: Ilze-Mari Gründling

Die Little Angels-lede van links is Anneline Smit, Hester Grint, Tersia du Randt, Hein Coetzee, Bridgette Solomons, Liezl van Niekerk en Noluthando Mwati. Foto: Ilze-Mari Gründling

Deur Ilze-Mari Gründling
DIE bekende liefdadigheidsorganisasie van Oudts­hoorn, Little Angels, het op Vrydag (1 September) hul amptelike bekendstelling by die Oudtshoorn Golfklub gevier.

Little Angels is 18 jaar gelede in Standerton deur Hester Grint, voorsitter, gestig om die gemeenskap te help. Toe sy twee jaar gelede Oudtshoorn toe verhuis het, het sy besluit om weer lewe aan die groep te gee. Die groep is amptelik in November 2016 in Oudts­hoorn gestig.

“In Oudtshoorn versorg ons tans 45 gesinne en 75 kinders. Dit sluit in kos, klere, berading, skoolbehoeftes, ouetehuise en Adopt a Granny.”

Grint het elke lid voorgestel en die gemeenskap bedank vir hul bydrae. Sy het ook vertel hoekom dit belangrik is om ander te help.

“Ons is hier om te help, maar ons kan dit nie sonder die gemeenskap doen nie. Elke persoon verdien ’n kans op die lewe en dit is hoekom ons hier is. Maak nie saak of jy arm of vuil is nie.”

Die groep is gereeld deel van gemeenskapsprojekte en help ander in nood. Vir enige donasies of navrae, kontak Hester Grint by 084 811 1936.

Log in with your credentials

Forgot your details?