Hier is groot pryse vir kinders!

SKOOLKINDERS van die Groter Oudtshoorn kan groot pryse wen deur ’n blokkiesraaisel op bladsy 2 van die munisipale nuusbrief in te vul. En speel-speel sal die kinders wat deur die invul van dié blokkiesraaisel sommer ook meer leer oor waterbesparing.

“Hierdie is ’n poging om ’n kultuur van waterbewaring onder ons kinders daar te stel,” sê Allen Paulse, munisipale bestuurder. “Ons hooffokus is om ons kinders te begin opvoed oor hoe om hierdie skaars kommoditeit te hanteer.”

Paulse het ook sommer die ant­woord gegee van nr 16 (dwars) om die kinders aan die gang te sit. “Die antwoord is mellville,” sê hy.

Ses wenners sal aangewys word, en die volgende pryse gaan wen: Asus Vivo Stick TS10 (eerste prys); skryfbehoeftes van R1 000 (tweede prys); skryfbehoeftes ter waarde van R500 (derde prys) en ’n Powerbank (vierde, vyfde en sesde pryse).

• Die kompetisie sluit reeds môre (16 Maart) en leerders sal moet gou speel om dit betyds in te gee. Dit kan afgegee word by al die verskillende biblioteke en betaalpunte in die Groter Oudtshoorn.

Log in with your credentials

Forgot your details?