Goud vir SUFF Akademie

Deur Ilze-Mari Gründling
DIE SUFF Akademie by die Oudtshoorn Youth Café op Oudtshoorn het die Wes-Kaapse Departement van Maat­skaplike Ontwikkeling se ministeriële goue toekenning vir die skepping van jeug­leiers ontvang!

Die departement het vanjaar die derde agtereenvolgende jaar erkenning gegee aan organisasies en individue wat bydra tot uitnemendheid en die beste praktyke op hul gebied. Die SUFF Akademie was die enigste organisasie in die Eden-distrik wat deurgedring het tot provinsiale vlak met hul ontwikkelingsvaardighede- en uitruilprogram tussen Suid-Afrika, Kenia en Haiti en om die toekenning te ontvang. Die toekenningsaand in die Kaapstadse Stadsaal het erkenning gegee aan jong mense regoor die provinsie se talente en vaardighede, en is deur Oudts­hoorn se burgemeester, Colan Sylvester, en die Wes-Kaapse minister van Maat­skaplike Ontwikkeling, Albert Fritz bygewoon.

“Dit is ’n voorreg om die eerste organi­sasie in die Eden-distrik te wees wat die toekenning ontvang,” sê Annique Arries, hoofbedryfsbeampte by die Oudtshoorn Youth Cafè. “Dit is ’n groot prestasie vir die Eden-distrik.”

Shawn Campher, waarnemende uitvoe­rende hoof, sê dit is die eerste jaar wat die SUFF Akademie vir die toekenningsgeleentheid ingeskryf het. “Baie dankie aan al ons lede, vennote en Oudts­hoor­niete vir die ondersteuning van die Youth Cafè.”

Die SUFF Akademie bied ’n reeks onafhanklike werkswinkels aan wat deelnemers oplei om hul eie kortfilms te ontwikkel onder die mentorskap van rolprentmakers uit Noorweë, Suid-Afrika, Swede en Kanada en werk saam met die Youth Cafè’s op Oudtshoorn, George en Groot Brakrivier.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?