‘Geen beperking’ vir jong drome

Burgemeester Colan Sylvester en Phillip Seroux van die Oudtshoorn Christelike Jeugforum tydens Jeugdag verlede Vrydag.  Foto: Garnett Wicomb

Burgemeester Colan Sylvester en Phillip Seroux van die Oudtshoorn Christelike Jeugforum tydens Jeugdag verlede Vrydag. Foto: Garnett Wicomb

Deur Garnett Wicomb
“DAAR is geen beperking op wat jy kan bereik nie. ’n Jong, ambisieuse Suid Afrikaner behoort nie te doen wat sy oupa gedoen het en ’n stryd te voer om te oorleef nie; en ook nie te doen wat sy pa gedoen het om die huis te verlaat om ’n goeie opvoeding te kry nie. Daarvoor is daar vandag te veel geleenthede.”
Dit was verlede Vrydag die boodskap van die burgemeester van die Groter Oudtshoorn, Colan Sylvester, aan jongmense tydens Jeugdag­vieringe op die Bongolethu Sportgronde.

By dieselfde geleentheid het die Oudtshoorn Christelike Jeugforum se Phillip Seroux Bybels aan jongmense oorhandig. Die Bybels was ’n sken­king van Well School of Ministries van evangelis Freek Vermaak.

Volgens Sylvester kan jongmense van Oudtshoorn danksy die land se vordering hul toekoms in Oudtshoorn bou

“Daar is baie om oor trots te wees, maar ons almal weet dat die vorde­ring nog nie voltooi is nie. “Ons staar steeds groot uitdagings in die gesig soos die afgradering van die land tot rommelstatus, die vernie­tigende brande in Knysna en Plettenbergbaai asook die hoë vlak van korrupsie.”
Volgens Sylvester moet teruggekeer word na die waardes van Nelson Mandela wat bereid was om vir sy ideale te sterf. “Ons het vandag die geleentheid om sy droom te leef.”
Sylvester het jongmense aangemoedig om hul skoolopleiding te voltooi en later na ’n universiteit of kollege te gaan.

“Mans kan ook nie langer stilbly wanneer jong vroue misbruik en vermoor word nie. Ons moet seker maak dat Madiba se nalatenskap nie in dun lug ver­dwyn nie.”
“Ons vier vandag veertig plus een jaar van wat in 1976 in Soweto gebeur het. Veertig jaar is die einde van ’n generasie en die syfer een dui die begin van ’n nuwe generasie aan. Koms laat dit ’n nuwe generasie, ’n nuwe seisoen, ’n nuwe begin en ’n nuwe era in Oudtshoorn wees,” het Sylvester gesê.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?