Eers ’n koffiekroeg, en nou ’n lapa!

Elias Olivier, inwoner van Millennium­park buite Die Koffiepot waar die beoogde lapa vir die inwoners van Millennium Park Aftree-oord opgerig gaan word. Die Koffiepot is dié aftree­oord se eie koffiekroeg. Foto:  Higgo  Jacobs

Elias Olivier, inwoner van Millennium­park buite Die Koffiepot waar die beoogde lapa vir die inwoners van Millennium Park Aftree-oord opgerig gaan word. Die Koffiepot is dié aftree­oord se eie koffiekroeg.  Foto:  Higgo Jacobs

Deur Higgo Jacobs
DIE opening van Die Koffiepot op 9 Mei 2017 by Millenniumpark Aftreeoord is een van die suksesverhale van dié gewilde afreeoord in Oudts­hoorn.

Volgens Elias Olivier (85), inwoner van dié oord en gemoeid met ’n fondsinsamelingsprojek om binne­kort ook ’n lapa op die terrein van die oord op te rig, is daar ’n groot behoefte onder die inwoners vir ’n by­mekaarkomplek waar hulle gesellig kan verkeer en selfs hul familielede en besoekers kan onthaal.

“Inwoners wil graag van tyd tot tyd ’n vleisie of ’n worsie braai en ’n lapa buite op die gras langs Die Koffiepot sal in dié behoefte voorsien,” het hy vandeesweek aan Die Hoorn gesê.

Millenniumpark het sowat 223 inwoners en volgens Frik Geyser, voorsitter van die trusteeraad, is dit vir die bestuur baie belangrik om kwaliteit toe te voeg tot hierdie inwoners se lewens.

Baie van die inwoners is enkellopend en soms eensaam.

In die versorgingseenheid word ongeveer 45 mense versorg wat nie dikwels buite kom nie.

Die bestuur beplan tans ’n groot geselligheid vir 9 Mei wanneer Die Koffiepot sy eerste verjaardag vier en die publiek word genooi om te kom deel in die feesvieringe.

Die geselligheid begin om 10:30.

Die bou van ’n lapa is eintlik ’n verlengstuk van Die Koffie­pot wat inwoners in staat sal stel om die bui­te­lug en sonskyn te geniet terwyl hulle heerlik kuier en iets lekkers eet of drink. Volgens Geyser het die aftreeoord nie die nodige fondse vir die bou van ’n lapa nie, en vandaar die fondinsamelingsprojek.

• Volgens Olivier moet die ekono-miese inspuiting van die groot getal bejaardes wat in aftreeoorde op ­Oudtshoorn woon, nie gering geskat word nie. Hy het ’n beroep op die inwoners van Oudtshoorn en omge­wing gedoen om daarom by te dra tot hierdie projek. Donateurs se name sal in die lapa aangebring word.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?