Boeke op wiele vir landelike kleuters

Jenny Joubert (hoof) en dr Piet Delport (raadsvoorsitter Avbob) by die boeketrollie en die kinders van Kleine Kuikens Kleuterskool.                                                            Foto verskaf

Jenny Joubert (hoof) en dr Piet Delport (raadsvoorsitter Avbob) by die boeketrollie en die kinders van Kleine Kuikens Kleuterskool. Foto verskaf

Deur Ilze-Mari Gründling
’N PLAASLIKE begrafnisonderneming het ver­le­de Donderdag ’n boeketrollie aan die kleuters en gemeenskap van Kleine Kuikens Kleuterskool geskenk. Dié boeketrollie is gevul met boeke en opvoedkudige speletjies ter waarde van R30 000.

Kleine Kuikens Kleuterskool is ’n landelike skool vir kinders tussen vier en ses jaar oud en is geleë op Middelplaas in die De Rust-omgewing.

Omdat die skooltjie so afgeleë is, het Avbob Oudtshoorn in samewerking met dr Susan Delport, ’n pediater van Johannesburg, besluit om ’n “biblioteek op wiele” aan die kleuterskool te skenk.

“Daar is dinge wat ons vanselfsprekend aanvaar, dinge wat ander mense nie op ’n gereelde basis toegang tot het nie. Om te lees sluit nuwe wêrelde oop. Ons het hierdie inisiatief van die library trolly begin om jong kinders bewus te maak van lees,” sê Irma Odendaal, koördineerder van Avbob se Oudts­hoorn-tak.
Die behoefte vir so ’n boeketrollie is geïdentifiseer deur dr Delport en deur haar het Avbob van die behoefte te hore gekom. Prof Piet Delport, voorsitter van Avbob se raad, is ’n broer van dr Delport.
Jenny Joubert, hoof van Kleine Kuikens Kleuterskool, het almal betrokke by die skenking bedank.
“Ons is baie dankbaar hieroor aangesien dit die eerste keer is dat so ’n skenking aan ’n kleuterskool gemaak word. Ons missie is om ’n klein biblioteek by die skool te begin sodat mammas wat nie werk nie gedurende die oggende vir kleiner kinders stories kan kom lees,” sê sy.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?