‘Armoede nie verskoning om weg te bly van skool’

Regs: Die Wes-Kaapse minister  van Gemeenskapsveiligheid, Dan Plato (links), Danville Esau (skoolhoof) en ao Jan Cederas (Ladismith Polisie) by kinders van die Vanwyksdorp Primêre Skool en hul ouers.                               Foto verskaf

Die Wes-Kaapse minister van Gemeenskapsveiligheid, Dan Plato (links), Danville Esau (skoolhoof) en ao Jan Cederas (Ladismith Polisie) by kinders van die Vanwyksdorp Primêre Skool en hul ouers. Foto verskaf

Deur Ilze-Mari Gründling
DIE Wes-Kaapse minister van Ge­meenskapsveiligheid, Dan Plato, het Vrydag tydens ’n besoek aan die Vanwyksdorp Primêre Skool ouers aangemoedig om hul kinders op die regte pad te lei.

Plato het ongeveer 100 kinders en 50 ouers lekker laat lag, maar hulle steeds met ’n ernstige boodskap gelaat.

Sy wenke aan ouers was onder meer om hul kinders na en van die skool te vergesel; dat ouers moet help om hul kinders se drome te bewaarheid en dat ouers nie hul kinders moet afbreek nie.

“Bou hulle op. Daar kan iets goed uit Vanwyksdorp kom. Plattelandse kinders is net so goed soos stads­kinders,” het Plato gesê.

“Moedig kinders aan om van die laerskool na die hoërskool en dan na die universiteit te gaan. Kinders moet ook nie betrokke raak in bende-aktiwi­teite nie en moet wegbly van drank en dwelms.

“Daar is ’n groter wêreld buite Vanwyksdorp. Wees lief vir jou dorp en sy mense. Pas dit op en beskerm dit.”
Plato het die ouers bedank dat hulle kinders skool toe gaan.

“Armoede is nie ’n verskoning om weg te bly van die skool nie. Wees tevrede met jou omstandighede. Dit kan en sal later verander. Jy kan arm wees, maar steeds gedissiplineerd, skoon en netjies. Ontwikkel jouself en bly weg van misdaad.”

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?