Ampsdraers ingeseën

Regs: Ampsdaers en gades by die inseëningsdiens was onder meer ouderling Jafta en Maria van Rooyen (Klaarstroom), ouderling Sydney en Beverley Jacobs, ouderling Jeandre en Jackie Campher, diaken Franko Kammies (tesourier), Isaac Plaitjies, John Booysen, Alida Goliats, Denise de Jongh (sekretaresse), past Winston en Irene Ellman, past John (JP) en Anne-marie Plaatjies.  Foto en byskif verskaf

Ampsdaers en gades by die inseëningsdiens was onder meer ouderling Jafta en Maria van Rooyen (Klaarstroom), ouderling Sydney en Beverley Jacobs, ouderling Jeandre en Jackie Campher, diaken Franko Kammies (tesourier), Isaac Plaitjies, John Booysen, Alida Goliats, Denise de Jongh (sekretaresse), past Winston en Irene Ellman, past John (JP) en Anne-marie Plaatjies. Foto en byskif verskaf

“HOU Christus sentraal.”

Dit was die boodskap van past Win­ston Ellman van die AGS De Rust-gemeente tydens ’n inseëningsdiens in Klaarstroom van nuwe amps­draers in die kerkbestuur.

Ellman sê die plaaslike gemeente en AGS in samewerking met ander bedieninge en organisasies bemoeid met opheffingswerk in die groter De Rust-omgewing is dankbaar vir die geesdriftige nuwe ampsdraers.

Die gemeente begin binnekort met ’n bouprojek en beplan in die nabye toekoms herlewings- en uitreikingsdienste in veral die landelike gebiede vam die groter De Rust asook die Klaarstroom- omgewing.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?