Môrester samel water in vir De Rust

Die koshuisleiers van die Hoërskool Môrester het die inisiatief geneem om ook ’n bydrae tot die watertekort op De Rust te lewer en die koshuisinwoners gevra om elk ’n bottel water te bring as ’n skenking aan die koshuis van die Hoërskool De Rust. “Water is mos lewe. Jy kan nie daarsonder klaarkom nie, en daarom het ons besluit om op ons beskeie manier ’n verskil te probeer maak. Dit is nie veel nie, maar elke druppel help,” sê Conrad van Beulen, primarius van die Hoërskool Môrester se koshuis. Van links by van die bottels water wat ingesamel is, staan Conrad van Beulen, Samantha Matiwana (primaria), Venessa Bruintjies (onder-primaria) en Mattewis Adams (onder-primarius).

Log in with your credentials

Forgot your details?