Oudtshoorn-eiendomsmark groei gesond

Deur Jacques de Beer
VOLGENS Lightstone (’n elektroniese databasis wat eiendomsinligting vanaf die Aktekantoor weergee) toon die eiendomsmark in Oudtshoorn gesonde groei.

Daar was die afgelope 12 maande ’n totaal van 380 residensiële registrasies in Oudtshoorn vir ’n totale bedrag van R299 291 263 teen ’n gemiddelde prys van R787 000.

Indien dié syfers vergelyk word met vorige jare se syfers, sien ons ’n geleidelike maar gesonde groei.
Syfers vir die ooreenstemmende 12 maande op residensiële registrasies in die hele Oudtshoorn is soos volg:

• 2016 – 375 eiendomme, totaal van R258 704 509 teen ’n gemiddeld van R690 000.
• 2015 – 357 eiendomme, totaal van R235 531 803 teen ’n gemiddeld van R660 000.
• 2014 – 347 eiendomme, totaal van R204 841 879 teen ’n gemiddeld van R590 000.
• 2013 – 242 eiendomme, totaal van R123 790 921 teen ’n gemiddeld van R499 000.

Verkope in spesifieke buurte was soos volg:

• Wesbank:
2014 – 83 registrasies, gemiddeld R770 000.
2017 – 110 registrasies, gemiddeld R1 055 000.

• Oudtshoorn Sentraal (Noord en Suid):
2014 – 69 registrasies, gemiddeld R530 000.
2017 – 78 registrasies, gemiddeld R650 000.

• Bridgton:
2014 – 40 registrasies, gemiddeld R96 000.
2017 – 61 registrasies, gemiddeld R167 000.

• Colridge View:
2014 – 4 registrasies, gemiddeld R542 000.
2017 – 6 registrasies, gemiddeld R712 000.

Nog interessante inligting:
Wat die ouderdomme betref van kopers die afgelope 12 maande in Oudtshoorn is 16% ouer as 65 jaar, 32% tussen 50 en 64 jaar, 36% tussen 36 en 49 jaar, en 16% onder 36 jaar oud.
Die verkopers was 39% bo 65 jaar oud, 28% tussen 50 en 64, 27% tussen 36 en 49 en 5% onder 36 jaar oud.

• Dié inligting is slegs vir residensiële registrasies in Oudtshoorn.

• Jacques de Beer is die prinsipaal van Pam Golding Properties op Oudtshoorn.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?