Oop mandaat vir groter blootstelling?

Deur Stefaan Verlinde
WANNEER ’n mens besluit om jou huis te verkoop, neem jy waarskynlik een van die grootste finansiële besluite in jou lewe. Jou eiendom is ’n groot bate en dalk jou aftreeplan. Wanneer jy dus besluit om te verkoop, moet jy ’n aantal faktore deeglik oorweeg.

Jy kan die mark op twee maniere betree – met ’n oop of ’n alleenmandaat. Baie verkopers het ’n afkeer aan alleenmandate weens hoofsaaklik twee redes:

1. Verkopers het ’n slegte ervaring in die verlede gehad met dié tipe mandaat.
2. Verkopers wil so wyd moontlik bemark deur aan alle agente die mandaat te gee, en ’n oop mandaat lyk met dié argument dan na die beste opsie. As almal bemark, moet ek mos die grootste blootstelling kry, hoe dan anders?

Kom ons kyk na die tweede punt. Is jou blootstelling werklik groter? Elke agent van elke agentskap sal jou eiendom op die grootste portaal web­tuistes plaas. Tans is dit www.propert24.com en www.privateproperty.co.za en na-­tuurlik hul eie webtuiste. Markondersoek het uitgewys dat voornemende kopers property24 en private property in 99% van hulle soektogte gebruik.

Verder, as jou eiendom deur verskeie agente op die webportale gelys word, sal dié verskillende listings van dieselfde eiendom gefilter word deur die portale en slegs een keer verskyn, ondanks die talle listings.
Agentskappe kan probeer om dit te omseil deur die prys effens te verander van die van ander agentskappe. Met ver- ­skillende verkooppryse word die in­druk egter geskep dat jou eiendom op uit­ver­koping is en jy desperaat is.

Wat aanlyn-bemarking betref, is die realistiese moontlikheid van ’n oop man­daat dat ’n agent min moeite sal doen omdat die kans om dit self te verkoop laag is. Jou eiendom se listing sal waarskynlik afgeskeep word.

Dus: aanlyn-bemarking vir ’n oop mandaat sal dieselfde blootstelling le­wer, maar die kwaliteit van die listing sal laer wees as vir ’n alleenmandaat.

By ’n alleenmandaat weet die agent dat hy/sy vir jou eiendom verantwoor-delik is en het hy/sy ’n plig om ’n professionele en deurdagte diens te lewer.

Die foto’s moet geneem word deur ’n professionele fotograaf (as jy die regte agent kies) en die nodige voorbereiding gedoen word vóór die listing aanlyn gaan. By ’n alleenmandaat be­skik die agent en agentskap ook oor ’n begroting om die eiendom te bemark in ander media, soos koerante/tydskrifte.
Om terug te kom na die eerste punt van ’n vorige slegte ervaring met ’n alleenmandaat: Dit is belangrik om die regte agentskap en agent te kies wat ver­antwoordelikheid neem vir die ver­koop van jou eiendom. Dit is belangrik om jou huiswerk te doen en rekords van vorige verkope en ’n bemarkingsplan te vra. Hier het ’n nasionale agent­skap ’n voordeel bo ’n plaaslike een.

Ek is oortuig dat ’n alleenmandaat jou as verkoper nie net groter blootstelling as ’n oop mandaat bied nie, maar jy ook die geleentheid kry om die hoogste moontlike prys vir jou eiendom te be-kom. Statistiek is beduidend. Seeff se alleenmandate is gemiddeld 181 dae in die mark teenoor ’n volle 429 dae vir ’n oop mandaat.

• Die skrywer is die prinsipaal van Seeff Eiendomme Oudtshoorn, De Rust en Calitzdorp.

Log in with your credentials

Forgot your details?