Alleenmandaat – voor- (en nadele)

EIENDOM is die grootste belegging en bate wat jy in jou lewe sal besit en dit is verstaanbaar dat verkopers nie al hul eiers in een mandjie wil sit met die verkoop nie.

Maar ’n alleenmandaat kan baie meer voordelig wees as wat verko­pers dink; mits dit deur die regte agent en agentskap bestuur word, sê Stefaan Verlinde van Seeff Oudts­hoorn.

As slegs een agent die verantwoor­delikheid kry om jou huis te verkoop, dan is sy reputasie, en dié van die agentskap, op die spel.

Die alleenmandaat-agent beheer alle kopers om te kompeteer en die beste prys te kry.
Oop mandate aan die ander kant kan dikwels daartoe lei dat agent­skappe kompeteer deur enige aanbieding te bring om sodanig die transaksie te beklink.

’n Alleenmandaat-agent het ’n skriftelike verantwoordelikheid om toegewyd te bemark en blootstelling te verhoog. Die agentskap-prinsipaal is op dieselfde manier verplig om betrokke te wees en meer te spandeer om die eiendom te bemark.

Seeff Oudtshoorn se statistiek bewys dat tot vyf keer die begroting vergelykend met ’n oop mandaat spandeer word. Die verbruikerswet is ook aan die verkoper se kant. As die agente nie hul kant bring nie, kan die alleenmandaat binne 21 dae ge­kan­selleer word.

Verdere statistiek uit Oudtshoorn se verkope die laaste 12 maande toon dat ’n oop mandaat gemiddeld 223 dae op die mark is voordat dit verkoop, maar slegs 86 dae vir ’n alleenmandaat. Die verkoopsprys is ook nader aan die oorspronklike vraagprys by alleenmandate.

Verlinde sê statistiek bewys dat alleenmandate wel werk weens die toewyding en bemarking van beide die agent en agentskap.

Alhoewel verkopers skrikkerig vir alleenmandate kan wees deur al hul eiers in een mandjie te sit, is dit eintlik ’n geleentheid wat geskep word om ’n ervare en betroubare eiendoms­agent die kans te gee om die huis in ’n redelike tyd teen die beste moontlike prys te verkoop.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?