Identifikasie-halsbande vir diere én bywette belangrik

Deur Ilze-Mari Gründling
ALLE diere moet identifikasie-halsbande hê met hul naam en kontakbe­son­derhede op, én die munisipale by­wette moet toegepas word. Dit is die belangrikste oplossing vir die pro­bleem van rond­loperdiere, sê Colleen Smith, lid van die vrywilligersgroep, Oudtshoorn Dogs in Need, wat ook by die Oudtshoorn Diereskut help.

Volgens Smith is daar ’n toename in rondlo­perdiere op Oudtshoorn en het getalle by die skut toegeneem.
“Baie van die rondloperdiere word nie teruggeëis deur eienaars nie, ondanks inligting wat in koerante of op sosiale media geplaas word.”

Volgens haar is daar verskeie redes vir die toename

“Honde ontsnap uit eiendom. Die meeste het geen identifikasie nie en is ook nie gesteriliseer nie. Almal weet dat ’n reun ’n teef wat op hitte is strate ver kan ruik en alles in sy vermoë sal doen om by haar uit te kom. Dit kan ook lei tot hondegevegte langs die pad. Tewe is ook geneig om rond te loop wanneer hulle op hitte is.”

Honde ontsnap ook as gevolg van donderweer of wanneer die infante­rieskool oefen. “Honde breek weg as hulle geraas vrees. Eienaars van diere moet hul eiendom beveilig en identifikasiehalsbande laat dra om te ver­seker dat die hond weer by die huis kan kom.”

Sy sê mense aanvaar dat elke hond wat rondloop, verlore is. Dit is nie so nie. “Honde van landelike gebiede volg hul eienaars. Hulle ken die strate en sal buite ’n winkel sit en wag.
“Mense moet ook nie dink dat as ’n hond alleen stap, hy of sy verlore is nie.

“Hoewel dit nie die ideaal is nie, is daar veral ouer mense wie se honde al jare lank alleen gaan stap. Nou laai iemand die hond op sonder die eie­naar se medewete.

“Kyk eerder na die hond se gedrag – loop hy en snuif? Is hy net op die sypaadjie? Is die hond vol vertroue? Dan is hy waarskynlik nie verlore nie.”

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?