DBV reik uit na Oudts­hoorn, De Rust

DIE Tuinroete DBV, wat eersdaags die beheer van die Oudtshoorn Diereskut oorneem, het onlangs ’n opvoedkundige uitreikprojek in Oudts­hoorn en De Rust gedoen.

Die DBV het die St Luigi Scrosoppi Sorgsentrum op Oudtshoorn en die Blomnek Primêre Skool in De Rust besoek, en kinders met ’n praatjie en poppespel vermaak en geleer hoe om vir diere te sorg.

Diere is ook gedip en ontwurm, en kos en warm komberse is uitgedeel.

Die tender vir die beheer van die Oudtshoorn Diereskut is onlangs deur die munisipaliteit aan die Tuinroete DBV toegeken. Volgens Ntobeko Mangqwengqwe, woordvoerder van die munisipaliteit, is die munisipaliteit nog besig om die ooreenkoms te finaliseer. Na verwagting kan die DBV al begin Oktober die skut oorneem.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?