Belangrike boekegeleentheid op literêre kalender

Prince Albert Leesfees:  3 – 5 November 

9 PA Leesfees IMG_8402-0019 PA LeesfeesIMG_7391-0029 PA LeesfeesIMG_5519- 39 PA LEESFEESIMG_5262- 4

9 PA Leesfees IMG_9353- 5

Van links heel bo is Schalk Joubert, Cas Wepener, Hemelbesem (Foto’s Marlene Malan) en Frazer Barry (Tribal Echo). Bo van links  is Carel van der Merwe,  (Donker Stroom), wat 'n onderhoud voer met Joyce Kotze en Daniel Hugo oor Runaway Horses en die verta­ling daarvan, Wintersrust, en die Jans Rautenbach Schouwburg in De Beerstraat - hooflokaal van die Prins Albert Leesfees.

Van links heel bo is Schalk Joubert, Cas Wepener, Hemelbesem (Foto’s Marlene Malan) en Frazer Barry (Tribal Echo). Bo van links is Carel van der Merwe, (Donker Stroom), wat ‘n onderhoud voer met Joyce Kotze en Daniel Hugo oor Runaway Horses en die verta­ling daarvan, Wintersrust, en die Jans Rautenbach Schouwburg in De Beerstraat – hooflokaal van die Prins Albert Leesfees.

Deur Marlene Malan
PRINCE ALBERT LEESFEES 2017 – die sesde fees van skrywers en boeke op dié Groot-Karoo-dorp – het gegroei tot ’n belangrike boekegeleent­heid op die Suid-Afrikaanse literêre kalender.

Een van die oogmerke van die geleentheid is scoops, sê die Leesfeeskomitee, onder leiding van Linda Jaquet.

“Splinternuwe boeke wat pas verskyn het en vars paneelbesprekings wat nog nie op ander boekefeeste was nie. Maar terselfdertyd wil ons ’n fees wees wat nie sy plaaslike skrywers vergeet nie en wat deel is van die versterking van die ekonomie van die dorp.”

Vanjaar is ’n jaar van gewilde name en ’n huldiging van plaaslike skrywers wat presteer: Die oudstaatsaanklaer Glynnis Breytenbach (Rule of Law); David Kramer met sy produksie Afrique mon désir/Afrika my verlange (met Laurinda Hofmeyr en Schalk Joubert); die hip-hop-groep Tribal Echo; die rymkletser Hemelbesem (Simon Witbooi) met sy outobiografie God praat Afrikaans; die spanningsromanskrywers Mike Nicol (Agents of the State) en Rudie van Rensburg (Kamikaze); die uitgewer Nicol Stassen (Protea Boekhuis) en die Karel Schoeman-kenner Cas Wepener (Die reis gaan inwaarts); die Banting-blogger Nick Charlie Key; die romanskrywer en Anglo-Boereoorlog-kenner Joyce Kotzè (Runaway Horses/Wintersrust); die Woordfees-stigter Do­rothea van Zyl en die koningin van kinderboeke, Wendy Maartens; die digters Johan Myburg (Uittogboek), Gaireyah Fredericks (Kaaps is Hollands) en Daniel Hugo (Takelwerk); en die literatore en skrywers Bernard Odendaal en Hans du Plessis wat ’n skryfslypskool aanbied.

Die kunskenner Elza Miles, wat sowat twee jaar gelede na Prins Albert verhuis het, word vereer vir haar bydrae tot die Suid-Afrikaanse kunswêreld, en prof Richard Dean, al dertig jaar ’n inwoner, stel sy nuwe boek, Warriors, Dilettantes and Businessmen, bekend. Vanjaar spog die fees die eerste keer met ’n buitelandse skrywer, die Nederlander Bart de Graaff met sy boek Ware mense (Ik Yzerbek), wat handel oor die afstammelinge en erfenis van die Khoi-Khoin, die “ware mense” van suidelike Afrika wat onder apartheid nooit wit genoeg was nie; nou nie swart genoeg nie.

De Graaff is ’n historikus en joer­nalis en kenner van die Suid-Afrikaanse politiek en kultuur. Hy praat en skryf Afrikaans vlot vanweë sy jarelange navorsing hier. Du Plessis en Wepener stel ook hul nuwe romans, onderskeidelik Drie vroue en ’n meisie en Johanna, bekend.

Teen Donderdag, die dag voor die begin van die fees, is kaartjies fluks aanlyn verkoop, met van die gewildste sessies dié van Breytenbach (Sondag) en ’n poësievoorleessessie-by-kerslig Saterdagaand deur Hugo, Myburg, Fredericks en Hugh Forsyth van Prins Albert.

Die fees word Vrydagaand amptelik geopen deur Anroux Marais, Wes-Kaapse minister van sport en kultuursake, en die skrywer en meningsvormer dr Theuns Eloff. Vir die volledige program en aanlyn-kaartjie­verkope, besoek www.princealbertleesfees.org en www.showroomtheatre.co.za; of die Toerisme-webblad, www.princealbert.org.za (vir akkommodasie).

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?