Vyfde verdagte in Preston Titus-moordsaak in hof

'n Foto wat op Masimthembe January se Facebook-blad verskyn.

‘n Foto wat op Masimthembe January se Facebook-blad verskyn.


Deur Garnett Wicomb
‘n Vyfde verdagte in die moordsaak van die soldaat, Preston Titus (49), wat op 1 Desember 2017 in sy slaapkamer vermoor is, het vanoggend vlugtig in die Oudtshoorn Landdroshof verskyn.

Masimthembe January van Port Elizabeth, ook bekend as MJ, staan net soos Titus se vrou, Magadaleen, Natasha Stuurman en Justice Mooi tereg op ‘n klagte van moord. January is volgens sy Facebook-profiel voltyds in die bediening.

Magdaleen Titus se motorbestuurder, Sizabeso Klip, het ‘n pleitooreenkoms met die staat aangegaan en is reeds tot vyftien jaar tronkstraf gevonnis terwyl borgtog aan die twee vroue en Titus reeds geweier is.

January het vanoggend aangedui dat hy om regshulp wil aansoek doen en die saak is om dié rede deur landdros Roelf Konstabel tot môre (Vrydag 13 April) uitgestel.

Die staatsaanklaer, Leonie van Rooyen, het die hof op versoek van die ondersoekbempte, ao Martin le Roux, gevra om te gelas dat January in die George Gevangenis aangehou word uit vrees vir enige inmenging.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?