Vryheid van Oudtshoorn aan Evita toegeken

Colan Sylvester, burgemeester van Oudtshoorn, oorhandig 'n oorkonde vir die vryheid van die dorp aan Evita Bezuidenhout.

Colan Sylvester, burgemeester van Oudtshoorn, oorhandig ‘n oorkonde vir die vryheid van die dorp aan Evita Bezuidenhout. Foto: Schalk le Roux

Die SANW-koor sing die volkslied vir Evita.

Die SANW-koor sing die volkslied vir Evita. Foto: Schalk le Roux

Die Vryheid van Oudtshoorn is vanmiddag as deel van die KKNK kort ná 17:00 aan Evita Bezuidenhout oorhandig deur Oudtshoorn se burgemeester, Colan Sylvester. Die oorhandiging het onder groot blyke van belangstelling van inwoners en feesgangers op die Queen’s Hotel in Baron van Reedestraat se balkon plaasgevind.

Evita het saam met die uitvoerende hoof van Kunste Onbeperk, Rhodé Snyman, in ‘n oop motor opgedaag onder begeleiding van twee motorfietsryers van die SANW, en op ‘n rooi tapyt wat spesiaal vir haar uitgegooi is, na binne gestap. Sy het tydens haar kort bedankingstoespraak Suid-Afrikaners aangemoedig om altyd ‘n heildronk op hul land te drink met ‘n halfvol glas en nie ‘n halfleë glas nie.

Die SANW-koor het die geleentheid afgesluit met die volkslied.

Log in with your credentials

Forgot your details?