Volstruisdorp pronk by Indaba

Niel Els sit in ’n stalletjie by die Afrika Toerisme Indaba verlede week in Durban. Was dit ’n geval van “stand grabbing”, omgewingsbewust-heid, vindingrykheid of bloot ’n stukkie opportunisme?

Niel Els sit in ’n stalletjie by die Afrika Toerisme Indaba verlede week in Durban. Was dit ’n geval van “stand grabbing”, omgewingsbewustheid, vindingrykheid of bloot ’n stukkie opportunisme?

OUDTSHOORN was vanjaar weer goed verteenwoordig by die Afrika Toerisme Indaba wat van Dinsdag tot Donderdag, 8 tot 10 Mei, in die Internasionale Konvensiesentrum in Durban plaasgevind het.

Benewens Oudtshoorn & De Rust Toerisme wat ’n stalletjie saam met Wesgro gehad het waar hulle al hul lede se produkte bemark het, was daar heelwat ander toerisme-ondernemings van Oudtshoorn wat hul eie stalletjies of verteenwoordigers by Indaba gehad het.

Hieronder was Turnberry Boutique Hotel, Buffelsdrift, Cango Wildlife Ranch, Safari Volstruisplaas, Highgate Volstruisplaas, Kango Volstruisplaas, De Denne, De Zeekoe, Kobus se Gat, Mount Noah, Surval, Kleinplaas en Klein Karoo Connexion.

Volgens Niel Els van Turnberry Boutique Hotel en raadslid vir Suid-Afrika op Skål International se raad, was vanjaar se Indaba kleiner as vorige jare en het dit slegs drie dae geduur vergeleke met vier dae in vorige jare.

Volgens Els het hy die vyfde ministeriële Afrika-beraad die aand voor die Indaba bygewoon.

Die beraad se paneel het bestaan uit toerismeministers van agt Afrikalande en is aangebied deur min Derek Hanekom, mi­nister van toerisme. Die hoofbespreking het ge­handel oor vrye toerisme- en handelsbeweging tussen Afrika-lande om sodoende toerisme in die kontinent te bevorder.

Tydens die Indaba het dit ook duidelik geraak dat toerisme landwyd onder druk verkeer, sê Els.

“Groot  toerisme-rolspelers skryf dit onder meer toe aan die droogte en watertekort in Kaapstad wat swak bestuur word en as ’n politieke speelbal gebruik word, met die daarmee gepaardgaande negatiewe internasionale mediadekking.

Hy sê ook die onverantwoordelike uitsprake oor “onteiening sonder vergoeding”, voorvalle van “land grabbing” en voorvalle soos busse wat onder die klippe gesteek word, is negatief vir toerisme in Suid-Afrika.

“Dit kry internasionale nuusdekking en maak beleggers lugtig om in toerisme in Suid-Afrika te belê.”
Hy sê voorts is daar steeds probleme met die uitreiking van visums wat ’n besliste negatiewe impak op toerisme na Suid-Afrika het.

• Op ligte trant vertel Els dat hy tydens die Indaba na Oudtshoorn as die “toerismehoofstad van Suid-Afrika” verwys het en dat hy homself daar­deur die argwaan van verteenwoor­digers van ander stede en dorpe (ver­- al buurdorpe) op die hals gehaal het!

Hy het in die huidige tydsgewrig van “land grabbing” tydens die Inda-ba op ’n leë stalletjie met net ’n stoel en leë tafel in die konvensiesentrum afgekom en dit onmiddelik beset.

“Toe niemand my kom verwyder nie, het ek Turnberry Hotel se bemarkingsmateriaal daar ge­plaas. En snaaks genoeg, het die stalletjie besonder groot aftrek gekry!”

En vir mense wat wou weet hoekom die stalletjie se mure so kaal was, het hy verduidelik dat dit gaan oor die minste impak moontlik op  ons  omgewing!

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?