Vigs nie ’n doodstraf nie

“VIGS is nie die doodstraf nie,” het suster Christa Koelman van die Bridgton Kliniek verlede Donderdag ter viering van Wêreld Vigsdag gesê.

Die personeel van die kliniek het die dag met sang, danse en ’n inligtings­praatjie gevier.

Koelman het mense met die virus aangemoedig om positief te lewe en nie in sak en as te gaan sit nie.

Sy het die kliniek se multi-dissiplinêre span asook gemeenskapswer­kers wat MIV-positiewe mense ondersteun, lof toegeswaai. Sy het ook Vigslyers aangemoedig om hul chroniese medikasie gereeld te gebruik en oefeninge te doen.

Volgens Koelman is dit belangrik dat Wêreld Vigsdag gevier word so­dat diegene wat met die siekte leef, daaraan herinner kan word dat daar mense is wat vir hulle omgee en wat hulle wil help.

Kerse is aangesteek vir mense wat hul lewens weens vigs verloor het asook vir diegene wat met die siekte leef.

 

(Deur Garnett Wicomb)

Log in with your credentials

Forgot your details?