Twee voertuie laaste paar weke by George Lughawe gesteel

Die Therons se gesteelde Ford Ranger.

Die Therons se gesteelde Ford Ranger.


Die Ford Ranger van Louwrens en Mariana Theron van Oudtshoorn wat by die George Lughawe gesteel is, was nie die enigste voertuig wat die afgelope ruk voete gekry het by die lughawe nie.
Luidens ‘n persverklaring van die Airports Company South Africa (ACSA) is twee voertuie die afgelope twee tot drie weke by die George Lughawe gesteel.
Dit is die eerste sulke voorvalle nog by die lughawe.
Die Therons het Sondag (10 Julie) die diefstal van hul voertuig uit die sekuriteitsparkeerterrein by die lughawe ontdek nadat hulle van ‘n vakansie teruggekeer het. CCTV-beeldmateriaal toon dat twee mans die voertuig reeds op Sondag, 2 Julie, gesteel het.
Die verklaring lui voorts: “Die George Lughawe betreur die voorvalle en vra om verskoning vir enige ongerief wat aan ons kliënte veroorsaak is. Ons sal intussen – terwyl ons aan ’n langtermyn-oplossing werk – sekuriteitspatrollies in die parkeerterrein verhoog om die veiligheid van voertuie te verbeter. Ons sal alles in ons vermoë doen om die veiligheid van voertuie by die lughawe te verseker.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?