Sers Alan Adams van Uniondale die Beste Landelike Veiligheidskoördineerder

Sers Alan Adams (middel) met sy trofee. By hom is kapt Morné Heunis (links) en Johan Bothma. Foto verskaf

Sers Alan Adams (middel) met sy trofee. By hom is kapt Morné Heunis (links) en Johan Bothma. Foto verskaf


Sers Alan Adams, sektorbevelvoerder: landelike veiligheid van Uniondale, is tydens die Jaarkongres van Agri Wes-Kaap aangewys as die Beste Landelike Veiligheidskoördineerder en so vereer vir sy bydrae tot landelike veiligheid in die provinsie.

Kapt Morné Heunis, SAPD-klusterbevelvoerder, sê Adams het die afgelope jaar tydens 252 dwelmoperasies verskeie persone in hegtenis geneem. “Dit wys duidelik daarop dat hy deur die jaar konstant besig was met sy polisieringsaksies in die landelike gebiede.

“Hy dien die gemeenskap ook ywerig deur middel van misdaadbewusmakingsprojekte om ‘n beter en veiliger landelike omgewing te verseker, veral met die klem op ouer persone en misdade teen vroue en kinders. Verskeie inisiatiewe is ook van stapel gestuur om voorvalle van huishoudelike geweld te voorkom en persone aan te moedig om drank verantwoordelik te gebruik. Hy doen ekstra moeite om kinders in die gemeenskap te bemagtig deur verskeie bewusmakingsaksies by plaasskole waar pamflette uitgedeel word om skoolveiligheid, waterveiligheid, dwelm- en drankmisbruik, en seksuele misdrywe aan te spreek.”

Johan Bothma, Agri Wes-Kaap se algemene bestuurder, het Adams bedank vir die besondere en lojale diens wat hy aan landbouers in die Wes-Kaap lewer.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?