Ou peperboom deur vragmotor getref

'n Baie ou peperboom waarvan een van die stamme in Noordstraat naby die hoek met Jan van Riebeeckweg deur 'n groot vragmotor getref en afgeruk is.

‘n Baie ou peperboom waarvan een van die stamme in Noordstraat naby die hoek met Jan van Riebeeckweg deur ‘n groot vragmotor getref en afgeruk is.

‘n Vragmotor wat ‘n vrag lusern vervoer het, is vroeër vanaand in sy spore gestuit toe takke van ‘n groot peperboom wat oor Noordstraat gehang het, aan dit vasgehaak en ‘n deel van die boom afgeskeur en op die vragmotor geval het.

Die vallende boom het die bestuurskajuit net-net gemis, maar heelwat skade is aan die vragmotor aangerig. Die boom het net agter die bestuurskajuit ingeval.

Cornel Landman aan wie die voer op die vragmotor behoort, was ook vanaand op die toneel.

Cornel Landman aan wie die voer op die vragmotor behoort, was ook vanaand op die toneel.

Noordstraat was ‘n tyd lank gesluit terwyl die boom van die vragmotor verwyder is.

Die bestuurder is nie beseer nie, maar was baie geskok na die voorval.

Die vrag voer behoort aan Cornel Landman en was van die Noord-Kaap waar dit gelaai is, op pad na ‘n boer van Oudtshoorn.

Die boom word deur Johan Hanekom opgesaag om dit van die vragmotor te verwyder.

Die boom word deur Johan Hanekom opgesaag om dit van die vragmotor te verwyder.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?