Motorfiets tref voertuig in Langenhovenweg

Ongeluk Langenhoven
‘n Jong man is vanoggend beseer toe hy omstreeks 10:00 in Langenhovenweg ‘n voertuig van agter met sy motorfiets getref het. Die jong man was na verneem word op pad om ‘n pizza vir Cango Woodfire Pizzas te gaan aflewer. Die nooddienste was gou op die toneel. Volgens sers Gretchen Michaels, woordvoerder van die Oudtshoorn Polisie, is niemand ernstiog beseer nie en word geen saak ondersoek nie.

Log in with your credentials

Forgot your details?