Mediclinic Klein Karoo vier 20ste verjaardag!

Lede van die bestuur van die Mediclinic Klein Karoo by die 20ste verjaarsdagvieringe Dinsdag met ’n spesiale koek en blomme. Van links is Daleen Fourie (pasiënt- administratiewe be­stuurder), David Fourie (tegniese bestuurder), Johanna Keretetse (hospitaalbestuurder), Andrie Wiese (eenheidsbestuurder), Herculine Vermaak (personeelsake)en Betsie Erasmus (apteekbestuurder). Foto: Ilze-Mari Gründling

Deur Ilze-Mari Gründling
Die personeel van die Mediclinic Klein Karoo op Oudtshoorn het Dinsdag dié hospitaal se 20ste bestaansjaar gevier.
“Ons groei steeds en ons beoog om binnekort die hospitaal verder uit te brei. Die gemeenskap is so goed vir ons.
“Ek glo die Mediclinic Klein Karoo is een van die gemaklikste hospitale vir ’n pasiënt en ons streef daarna om dit so te hou,” het Johanna Keretetse, hospitaalbestuurder, gesê.

Sy is die derde hospitaalbestuurder in diens van die hospitaal.
Van die 72 oorspronklike personeellede is agt steeds in diens.
Andrie Wiese, eenheidsbestuurder, het vertel dat die personeel deur die jare baie hartseer oomblikke beleef het, maar ook baie gelukkige oomblikke.
“Verskeie personeellede is oorlede of het afgetree en ons sal hulle nooit vergeet nie. Saam met die hartseer beleef ons ook gelukkige oomblikke – hetsy nuwe vriende, dokters of personeellede wat by ons aansluit.”
Wiese het gesê sy is trots om daar te werk.
“Ons almal ondersteun mekaar en werk goed as ’n span.”

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?