Jong motorfietsryer na hospitaal nadat voertuig haar van agter stamp

Nooddienspersoneel help Melanie Janse van Rensburg. Foto: Ilze-Mari Gründling

Nooddienspersoneel help Melanie Janse van Rensburg. Foto: Ilze-Mari Gründling


‘n Jong vrou van Oudtshoorn, Melanie Janse van Rensburg (32), is ‘n rukkie gelede deur nooddienspersoneel na die Mediclinic Klein Karoo op Oudtshoorn geneem nadat haar stilstaande motorfiets van agter deur ‘n motor gestamp is.

Volgens ‘n ooggetuie, Christa Young, het Janse van Rensburg vir haar gewag om oor die voetoorgang in Baron van Reedestraat by die hoek met St Saviourstraat te loop toe die botsing omstreeks 13:10 plaasgevind het. “Ek het gesien die kar kom van agter af en het nie genoeg tyd gehad om haar te waarsku nie. Dit het so vinnig gebeur,” het Young gesê.

Janse van Rensburg is op die toneel vir nek- en rugbeserings behandel en deur nooddienste bygestaan. (Berig deur Ilze-Mari Gründling)

Log in with your credentials

Forgot your details?