Gebrande liggaam van 17-jarige meisie in veld by De Rust gevind

Deur Garnett Wicomb
Die polisie op De Rust is op soek na ‘n verdagte of verdagtes nadat die gebrande liggaam van ‘n 17-jarige meisie Maandagmiddag in die veld oorkant Blomnek, De Rust gevind is.

Volgens kapt Gert Fourie, stasiebevelvoerder, het Deidre Opperman van Blomnek nie Sondagoggend huis toe gekom nie nadat sy die Saterdagaand uit was nie. Haar familie het haar Maandagoggend as vermis by die polisie aangemeld. Na ‘n soektog deur die polisie en gemeenskapslede is haar gebrande lyk later die middag in die veld gevind.

Die polisie ondersoek ‘n saak van moord en niemand is nog in hegtenis geneem nie, sê Fourie.

Enigeen met inligting kan sers Alicia Willard by 044 241 2050 skakel. Alle inligting sal as vertroulik hanteer word.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?